HTS Teologiese Studies/Theological Studies (Dec 1996)

'n Hervormde tradisie as heelmiddel

  • J. A. Loader

DOI
https://doi.org/10.4102/hts.v52i4.1543
Journal volume & issue
Vol. 52, no. 4
pp. 566 – 589

Abstract

Read online

In die Nederduitsch Hervonnde Kerk van Afrika is die odium theologicum geen vreemdeling nie. Daar is verskeie illustrasies van moontlik. Ben verskyningsvonn daarvan is die heftige polemiese trant van talle publikasies van S P Engelbrecht2, J G M Dreyer3 en andere. Dit staan in 'n ou Transvaalse tradisie, soos onder andere gesien kan word in die laat-negentiende-eeuse styl van M J Goddefroy4. Waar hierdie emosionele polemieke na buite plaasgevind het en telkens teen anti-Hervonners vir die Hervonnde Kerk in die bres getree het, het daar nou 'n binnekerklike twis losgebreek. Ook dit is nie by ons onbekend nie. Ons hoef maar net te dink aan die bitterhede van die Geysersage gedurende die sestigerjare en van die Artikel III-debat in die jare sewentig en tagtig. Die twis wat egter gedurende die negentigerjare in Hervonnde geledere gegroei het, laat die vroeere twiste klein lyk. Anders as in die afgelope drie dekades is dit nie meer enkelinge of 'n handjievol kritici wat redelik maklik ge'isoleer kan word nie. Nou' staan hele slagordes met wapperende vaandels in die kerk teenoor mekaar. Na die vergadering ter lewering van 'n 'Eietydse Getuienis' op 4 November 1995 en die verskyning van Die Hervonner van die halfjaar wat op die Vier-en-sestigste Algemene Kerk-vergadering gevolg het5, sou dit 'n oop deur intrap om hiervoor dokumentere bewys aan te voer. Daar word soms eufemisties na die meningsverskille wat in die laaste helfte van 1995 kookpunt bereik het, verwys as 'n 'debat'. As 'n waardige debat werklik ontwikkel, kan dit die Hervonnde Kerk en die beoefening van die teologie ten goede kom. In hierdie artikel beoog ek nie om aan die geveg deel te neem nie, maar weI om konstruktief by te dra tot wat 'n debat kan word.