Tydskrif vir Letterkunde (Apr 2017)

Melvin Whitebooi (1956–2011)

  • Peter Braaf

Journal volume & issue
Vol. 49, no. 1

Abstract

Read online

Op Ou Krismis 2011, 24 Desember, besoek ek en my vrou Sandy drie grafte. Vir ons drie belangrike grafte, almal afgestorwe lede van die Cape Flats Players: Boccaccio Braaf, my seun; Melvin Whitebooi, my vriend en Ivan Sylvester, my skoonbroer. By elkeen se graf besef ek die kortstondigheid van die lewe en my gedagtes gaan terug na die spesiale momente wat ons gedeel het. By Melly se graf in Stikland-begraafplaas sien ek die blomme en die kranse en ek dink: “Dié familie kyk goed na jou graf en jy leef voort in hul gedagtes.” En dit is reg so, want hy het hulle respek verdien.

Keywords