Scientia Militaria (Feb 2012)

BRITSE FORTIFIKASIES IN DIE ANGLO-BOEREOORLOG (1899 - 1902)

  • G.E. Visser

DOI
https://doi.org/10.5787/28-1-206
Journal volume & issue
Vol. 28, no. 1

Abstract

Read online

Hierdie publikasie is gebaseer op JL. Hattingh se MA-verhandeling (DOYS, Nov. 1996) getiteld Die Britse blokhuisstelsel tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. Luidens die voorwoord, is die verhandeling egter vir publikasiedoeleindes geheel en al deur prof. A. Wessels, wat as studieleier vir die verhandeling opgetree het, verwerk. Die publikasie beslaan sewe hoofstukke. Hoofstuk 1 verskaf 'n historiese oorsig van die ontstaan en ontwikkeling van militêre fortifikasies van die Romeinse tydperk af tot vandag. Hoofstuk 2 handel oor die redes vir die oprigting van die fortifikasies, hoofstuk 3 oor die verskillende tipes blokhuise en hoofstuk 4 oor die oprigting van die blokhuislinies. Hoofstuk 5 bied 'n bespreking van die lewe in die blokhuise, terwyl hoofstuk 6 'n uiteensetting van die Britte se strategiese en taktiese aanwending van die blokhuislinies gee. In die slothoofstuk, hoofstuk 7, word die blokhuisstelsel as krygsmaatreël geëvalueer, onder meer aan die hand van die sogenaamde "beginsels van oorlogvoering" wat teen die einde van die 19de eeu gegeld het.

Keywords