Literator (Feb 2017)

Zimbabwe se strukturele en politieke geweld gelees deur die troop van die onbenoembare en naamlose in Brian Chikwava se roman <i>Harare North</i>

  • Gugulethu Siziba

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1302
Journal volume & issue
Vol. 38, no. 1
pp. e1 – e9

Abstract

Read online

Die artikel lees Brian Chikwava se benutting van ’n naamlose protagonist-verteller in sy roman Harare North as ’n allegorie vir die duister figure van buite-regtelike geweld, ontkenning van en stilswye oor geweld, sowel as verskeie verdoeselings wat post-koloniale Zimbabwe onder ZANU-PF heerskappy kenmerk. Die naamlose en onnoembare kom op verskillende vlakke voor en tipeer beide die staat en sy burgers wat beide tuis en oorsee in ongemaklike verhoudings verstrengel is. Die artikel maak gebruik van sosiologiese en literêre insigte oor name en benaming om sin te maak van die belang van die verteller en sy posisie in die ervaring van Zimbabwiërs.

Keywords