In die Skriflig (May 1967)
Die lengte van ‘Dag’ in Genesis 1
Abstract
By die vraag oor die lengte van ‘dag’ in Gen. 1 moet daar met verskillende sake rekening gehou word. Eerstens moet ons in gedagte hou dat ons hier nie met ’n natuurwetenskaplike handboek te doen het nie en daarom versigtig moet wees met ons afleidings oor die besonderhede van dit wat verhaal word.