Literator (May 2013)

Groteske manifestasies van mag in <i>Dance of the vampires</i> deur Bole Butake

  • Naomi Nkealah

Journal volume & issue
Vol. 34, no. 1
pp. e1 – e7

Abstract

Read online

Hierdie artikel is ’n ontleding vanDance of the vampires deur die Kameroense dramaturg, Bole Butake. Dit het die maniere ondersoek waarop die toneelstuk homself projekteer as verhaal van ’n nasie en omgekeerd, hoe die nasie in die toneelstuk as ’n narratiewe teks funksioneer waarin magsideologieë ingeskryf of uitgewis word. Butake se visie van die nasie omvat verskeie magsdiskoerse wat ondersoek word teen die agtergrond van die groteske in sisteme van dominasie, soos uiteengesit deur Achille Mbembe. Die artikel voer aan dat, terwyl die stuk van die ambivalensie in magsverhoudings afhang, die skrywer se visie onambivilant is in sy Utopiese konsepsie van politiese verandering en sy geslagtelike uitbeelding van vrouens binne nasionalistiese diskoerse.

Keywords