In die Skriflig (May 1980)

’n Oorsig oor die na-oorlogse teologiese ontwikkeling in die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (GKSA)

  • J. H. van Wyk

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v14i54.762
Journal volume & issue
Vol. 14, no. 54
pp. 27 – 50

Abstract

Read online

Wie hom besinnend besighou met die teologiese ontwikkeling in die GKSA na 1945 staan verbaas oor die hoeveelheid teologiese lektuur wat in hierdie tyd verskyn het. Ofskoon dit véél meer is as wat voorheen verskyn het, kan die stof tog nog min of meer oorsien en ook oorsigtelik aangebied word. Of daar werklik van teologiese ontwikkeling sprake kan wees, van uitbou en nuutbou, en of alles nie maar blote restourasie en herhaling was van wat in Nederland — en Duitsland — reeds gesê is nie, is natuurlik ’n ander vraag. Miskien kan hierdie vraag voorlopig so beantwoord word deur te stel dat daar plek-plek op die teologiese veld nuutbou was maar dat, wat die geheel betref, in hoofsaak aangesluit is by veral Nederland.