Scientia Militaria (Feb 2012)

Defence Strategies for the New Millenium / Verdedigingstrategiee vir die Nuwe Millenium

  • Ricardo Davids

DOI
https://doi.org/10.5787/29-0-191
Journal volume & issue
Vol. 29, no. 0

Abstract

Read online

Twee belangrike, en in sommige gevalle opspraakwekkende en selfs kontroversiële gebeurtenisse het in die afgelope jaar of wat in Suid-Afrika plaasgevind en wat die kollig laat val het op die verdediging en veiligheid van ons land. Die eerste was die optrede van die gekombineerde taakgroep Operasie Boleas in Lesotho, wat ten doel gehad het om vrede en stabiliteit in die buurland te verseker, die interne situasie aldaar te stabiliseer, en om die grens met SA te beveilig. Die tweede was die aankondiging op 18 November 1998 van die aanvaarding van die verslag van die Kabinet se subkomitee oor die Aanskaffingsprogram vir die SANVM. Die verslag het die aanskaf van militêre toerusting, die verdedigings- en nywerheidsdeelname, en die nasionale industriële deelnameprogram tot 'n totale bedrag van R29,77 miljard rand behels. Ses van die sewe kategorieë waarin apparatuur aangeskaf sal word, is goedgekeur. Dit sluit in korvette, duikbote, maritieme helikopters, ligte gebruikshelikopters, ligte vegvliegtuie, en opleidingsvliegtuie.

Keywords