Curationis (Sep 1979)
Die hart van verpleging
Abstract
Die skep van ’n omgewing van begryping is die eerste en ongetwyfeld die sleutelvoorwaarde vir die daarstelling van ’n milieu van veiligheid waarin die verpleegkundige en ander te ra p te u tie se gebeure sig se lf betekenisvol en effektief sal voltrek. ’n Verhouding van begrip bied die teelaarde waaruit vertroue en gesagsaanvaarding as noodsaaklike bestanddele vir geborgenheidsbelewing vir beide die sieke en die verpleegkundige voortspruit.