Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (Dec 2003)

Spesifieke taalgestremdheid en taalwetenskaplike teorie : 'n evaluerende oorsig

  • Southwood, Frenette

DOI
https://doi.org/10.5842/32-0-18
Journal volume & issue
Vol. 32, no. 0
pp. 61 – 98

Abstract

Read online

Alhoewel spesifieke taalgestremdheid (STG) nie 'n nuwe studieveld is nie, is die ontwikkeling van teoretiese verklarings vir STG wel 'n relatief onlangse fokus binne hierdie veld. Tans is daar twee hooftipes verklarings vir STG, naamlik sogenaamde "linguistiese" verklarings en prosesseringsverklarings. Hierdie artikel gee 'n inleidende oorsig oor prominente verklarings wat in hierdie twee kategorieë val. Daar is verskeie ander verklarings vir STG3 wat nie hier bespreek sal word nie, aangesien die artikel 'n beperkte doel het, naamlik om aan te toon hoe taalwetenskaplike teorie ingespan kan word vir die wetenskaplike verduideliking van die verskynsel van STG, eerder as om 'n gedetailleerde uiteensetting van alle verklarings vir STG te gee. Die artikel word ingelei met 'n algemene bespreking van die eienskappe van STG in afdeling 2. Vyf linguistiese verklarings vir STG, wat elk tot 'n mindere of meerdere mate hierdie eienskappe kan verklaar, word in afdeling 3 bespreek, terwyl twee prosesseringsverklarings in afdeling 4 bespreek word. Die verklarings in afdelings 3 en 4 is grootliks op grond van Engelse data opgestel. In afdeling 5 word daar kortliks gekyk na die waarde van Afrikaans om die verklarende meriete van hierdie verklarings te evalueer. 'n Slotperspektief, wat fokus op die belang van die voortgesette studie van STG, word in afdeling 6 gegee.

Keywords