Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1963)
Die moedertaal van Jesus*)
Abstract
Anderhalf eeu lank het geleerdes aangeneem dat die enigste taal wat deur die bree volkslae in Palestina gepraat is in die tyd van Jesus, Aramees was. In 1817 het De Wette onder andere geskrywe: „Die benaming Hebreeus kom vir die eerste keer in die Apokriewe Boeke voor. Maar daar beteken dit die heersende volkstaal Aramees, wat teen daardie tyd (die tyd toe die Apokriewe ontstaan het) reeds die plek van die ou Hebreeus ingeneem het”.