Scientia Militaria (Feb 2012)

Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrlka, 1899-1902. Deel IV.

  • Jan Ploeger

DOI
https://doi.org/10.5787/9-4-732
Journal volume & issue
Vol. 9, no. 4

Abstract

Read online

Sedert 1940, en na 1959 as Staatshistorikus, is dr J. H. Breytenbach bedrywig om die Tweede Vryheidsoorlog na te vors en sy bevindings geleidelik te boek te stel. Sy navorsing is gebaseer op aile beskikbare bronne, waaronder 'n groot aantal van ons argiefstukke wat tot hede of gedeeltelik of gladnie deur navorsers bearbei is nie. Op die wyse vul die skrywer, nou op las van die Minister van Nasionale Opvoeding en onder toesig van die departement Geskiedenis van die Universiteit van Pretoria, 'n groot leemte aan. Hy ontrafel terselfdertyd die verskillende tendense in die menigvuldige, uiteenlopende gegewens, hy probeer waarheid en verdigsel ontrafel om op die wyse te kom tot 'n waarheidsgetroue, objektiewe geskiedskrywer sover dit, menslikerwys gepraat, moontlik is.

Keywords