South African Journal of Physiotherapy (Mar 1978)
An approach to improving patterns of posture and movement
Abstract
Daar is verskeie oorsake van rugpyn, maar meganiese redistribusie van liggaamsgewig kan lei tot verligting van pyn. Die heropleiding van ’n posturale “patroon” word bespreek, asook oefeninge om die patroon neer te lê. Dis van uiterste belang dat die pasiënt bewus word van sy bewegings- en ruspatrone en dit aanvaar as ’n permanente toestand eerder as ’n spesifieke oefening. So ’n patroon moet oorgedra word in daaglikse aktiwiteite en kinetiese hantering behoort deel van die korrektiewe opleiding te wees.