Literator (Nov 2016)
Sinsontkenning in Suid-Afrikaanse Gebaretaal: ’n Gevallestudie
Abstract
Soos ander gebaretale, maak Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) gebruik van beide die hande en ander dele van die liggaam om ontkenning uit te druk. In hierdie gevallestudie word naturalistiese data voorsien deur twee moedertaal-gebruikers van SAGT geanaliseer om die sintaktiese verhouding tussen hierdie twee wyses van ontkenning te toon. Ons gebruik ’n Principles and Parameters-benadering en Government and Binding Theory om die sintaksiese omvang van ontkenning in ons SAGTdata te ondersoek. Uit ons waarneming blyk dat ’n skud van die kop van kant tot kant skynbaar die vernaamste merker van ontkenning in ‘n SAGT-sin uitmaak. ’n Negatiewe deeltjie wat met die hande gemaak word aan die einde van die sin, NIE, speel ’n sekondêre rol. Ons beskryf die negatiewe kopskud as ’n kenmerk-draende voegsel wat onderliggend in die hoof van NegP gegenereer word en V-na-Neg-verhoging inisieer. Die negatiewe deeltjie NIE lyk asof dit onderliggend in die Spesifiseerder van NegP gegenereer word. Voorstelle vir verdere sinktaktiese ondersoek van SAGT word ten slotte gemaak.
Keywords