Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Jan 1989)

Between reform and transformation: Shalom for South Africa?<sup>1</sup>

  • Lourens M. du Plessis

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v54i4.857
Journal volume & issue
Vol. 54, no. 4

Abstract

Read online

Tussen hervorming en transformasie: Shalom vir Suid – Afrika? In hierdie artikel word uitgegaan van die standpunt dat daar in Suid -Afrika feitelik konsensus bestaan oor die noodsaak vir ingrypende sosio-politieke verandering, maar dat menings oor hoe en in watter rigting sodanige veranderin g moet plaasvind, wyd uiteenloop. Daar word twee basiese benaderings ten opsigte van verandering onderskei, naamlik 'n reformistiese en 'n transform istiese benadering. Binne die reformistiese kategorie word weer 'n reaksionêre en 'n pragmatiese groepering onderskei en binne die transformistiese kategorie 'n pragmatiese en revolusionêre groepering. Veranderingstrategieë wat tot die bogemelde groepe se beskikking is, word ondersoek. Klem word veral op drie moontlike strategieë gelé: politieke mobilisering, geweld en isolasie. Ten slotte word oorweeg of Christene in Suid-Afrika 'n bydrae tot politieke verandering kan lewer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat dit wel moontlik is, maar dat skouspelagtige resultate nie verwag moet word nie.