In die Skriflig (Jul 2005)

Geleentheidswoord Ons tyd – ’n tyd vir verwondering?

  • Editorial Office

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v39i3.394
Journal volume & issue
Vol. 39, no. 3

Abstract

Read online

Sou ons die tyd waarin ons leef, ’n tyd van verwondering kan noem? Ek dink so ’n vraag sal beslis reaksievrae ontlok: Iemand sou byvoorbeeld vra: Kan ons tyd werklik ’n tyd van verwondering wees? Moet ons nie liewer praat van ’n tyd van verwonding nie? Mense sterf immers in ons land en in ons strate en tuis sukkel hulle nabymense voort met emosionele en ander wonde. Dalk sal ons eerder wou beklemtoon dat ons tyd ’n tyd is van politieke druk en van korrupsie. Ons sien immers daagliks dat korrupsie geboorte skenk aan hofsaak op hofsaak. Miskien nog ’n stem sal hoorbaar word en sê dat ons tyd ’n tyd is van voortdurende verandering – sommige veranderinge sinvol, maar ander baie pynlik.