Scientia Militaria (Feb 2012)

SUID-AFRIKAANSE STAATS- en STAATSONDERSTEUNDE MILITÊRE GESKIEDSKRYWING (1924-1987)

  • Jan Ploeger

DOI
https://doi.org/10.5787/19-4-374
Journal volume & issue
Vol. 19, no. 4

Abstract

Read online

In sy eenvoudigste vorm is geskiedenis uitgedrukte herinneringe aan die verlede wat uit die menslike behoefte aan kennis van die oorsprong van dinge voortspruit. Hierdie uitgedrukte herinneringe is mondeling of skriftelik oorgedra. Reeds in die vyfde eeu voor Christus het die Griekse geskiedskrywer Thucydides (omstreeks 471 v Chr - omstreeks 400 v Chr.), met betrekking tot sy weergawe van die Peloponesiese oorlog (431 v Chr - 404 v Chr.) doelbewus daarna gestrewe om - sover dit moontlik was – die gesketste gebeurtenisse waarheidsgetrou weer te gee. In hierdie opsig het hierdie vroeë geskiedskrywer reeds met faktore soos die drang na objektiwiteit, sowel as met vermydelike en onvermydelike gevoelens van subjektiwiteite te kampe gekry. Die geskiedskrywers wat in die loop van die eeue eerlik teenoor hulle self, die beskikbare boustowwe en die toekomstige lesers sou staan het weliswaar steeds meer en meer besef dat dit onmoontlik was, en nog steeds is, om volslae objektief te wees. Onder die besef moet daar ewenwel terselfdertyd voortdurend na gestrewe word om die hoogste graad van objektiwiteit en die waarheid te verwesenlik.

Keywords