Akroterion (Mar 2012)

DIE DOOD EN DOODSHANTERING IN OUD-EGIPTE, 3100–332 v.C.

  • F.P. Retief,
  • L. Cilliers

DOI
https://doi.org/10.7445/49-0-83
Journal volume & issue
Vol. 49, no. 0

Abstract

Read online

Alle inligting dui daarop dat die inwoners van Oud-Egipte die dood nie gesien het as beëindiging van die lewe nie, maar as ’n oorgangspunt vanaf ’n aardse bestaan na ’n ewigdurende lewe na die dood (Taylor 2001:7). Voorbereiding hiervoor was dan ook sistematies en uitvoerig deel van die alledaagse lewe, in besonder die religieuse komponent daarvan. In hierdie bydrae word die ontwikkeling en toepassing van ’n streng rituele stelsel van doodshantering oor ’n tydperk van meer as 2 500 jaar in oënskou geneem.