Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (Feb 2015)

Khoi en Oosgrensafrikaans

  • Christo van Rensburg

DOI
https://doi.org/10.5842/47-0-652
Journal volume & issue
Vol. 47, no. 0
pp. 75 – 97

Abstract

Read online

Den Besten se studies oor die invloed van Khoi op Afrikaans, oor ʼn tydperk van 25 jaar, het ʼn impetus gegee vir opvolgondersoeke oor temas waarvan hy in sy werk aanduidings gegee het. In hierdie studie word daar, in aansluiting by sy werk, aandag gegee aan twee fases van die Khoi-Khoi se nuwe aanleerderstaal, Afrikaans, voor en na die begin van die agtiende eeu. Voor die begin van die agtiende eeu was daar heelwat faktore wat die vordering van die Khoi-Khoin se aanleerderstaal bemoeilik het. Daarna het die aanleerderstaal ʼn ander rol in die Binneland gespeel, in die gebied wat naastenby tussen die Hottentots-Hollandberge en Graaff-Reinet lê. Saam met die taal van die veeboere, was dit die hooftaal in daardie gebied. Die tale het mekaar vir bykans ʼn eeu lank oor en weer beïnvloed, voordat dit met die Groot Trek-beweging noordwaarts geneem is.