Curationis (Sep 1999)

Standaarde vir Neonatale Intensiewesorgverpleging: Beperkte kliniese verpleegsorgstandaarde / Standards for Neonatal Intensive Care Nursing : limited clinical nursingstandards

  • M Johnson

DOI
https://doi.org/10.4102/curationis.v22i4.743
Journal volume & issue
Vol. 22, no. 4
pp. 15 – 23

Abstract

Read online

Die neonaat het die reg op gehalteverpleging en die Neonatale Intensiewesorgverpleegkundige is professioneel-eties en persoonlik aanspreeklik vir gehalteverpleging. Die proses van gehalteverbetering is ‘n gestruktureerde, beplande en doelbewuste aksie waar standaarde gestel word en die verpleegsorg aan die hand van die standaarde gemeet word sodat remediërende stappe geneem kan word om gehalteverpleging te fassiliteer. In hierdie studie word daar gefokus op die eerste stap in die gehalteverbeteringsiklus, naamlik die stel van standaarde.