Akroterion (Mar 2012)

BAKENS OP DIE WEG: DIE BEKERINGSVERHALE VAN AUGUSTINUS EN C S LEWIS

  • C. Smit

DOI
https://doi.org/10.7445/51-0-65
Journal volume & issue
Vol. 51, no. 0

Abstract

Read online

In hierdie artikel word twee literêre bekeringsverhale waarin die historiese werklikheid deur die skrywers weergegee word, met mekaar vergelyk: die Confessiones van die vierde eeuse kerkvader Augustinus, en Surprised by Joy van die twintigste eeuse skrywer en geleerde C.S. Lewis. Die navorsing word gestruktureer aan die hand van bakens wat Augustinus op sy bekeringsweg uitgelig het: persone wat ’n beduidende rol gespeel het, besondere gebeure wat hom beïnvloed het en innerlike konflik wat hom voortgedryf het. Die artikel toon deur ’n analise op grond van inhoud en tematiek aan dat daar duidelike ooreenkomste is tussen die bakens op Augustinus se bekeringsweg en dié op Lewis se bekeringsweg.