In die Skriflig (May 1967)

Die gesag van meerdere kerkvergaderings

  • B. Spoelstra

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v1i3.862
Journal volume & issue
Vol. 1, no. 3
pp. 23 – 34

Abstract

Read online

Gangbare woordgebruik verraai dikwels dat die begrip van die sogenaamde ‘meerdere vergaderings’ nie altyd helder is nie. So lui die opskrif van die Handelinge van die Sinode van 1964: ‘Handelinge van die 35e vergadering van die Sinode’, i.p.v. die ‘35e Sinode’ en gee dus te kenne dat die Sinode ’n permanente vergadering met verskillende sittings soos die Parlement sou wees. In Nederlandse tydskrifte was gepraat van ‘de vergadering van de classis ... der Gereformeerde Kerken, gehouden op ... te ...’ en die notule van 'n vorige klassis word op die volgende goedgekeur. Dit is dus ook skynbaar 'n permanente vergadering, waarvan slegs die personeel wissel.