Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Feb 1980)

Pastoraat met betrekking tot kerklike bydraes

  • J. J. Van der Walt

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v45i1.1141
Journal volume & issue
Vol. 45, no. 1

Abstract

Read online

In mindere of meerdere mate is finansies in elke gemeente ’n probleem. Weinig gemeentes het genoeg geld vir die taak na binne en buite (bv. evan- gelisasie en sending) wat die Here aan sy kerk opgedra het. Daar is ook die lidmate wat op die ander se rug ry en nie hulle voile deel bydra nie. As dit bloot ’n finansiële saak in terme van die balansstaat van ’n handelsondeme- ming was, kan daar gemaklik met die totale eindresultaat van ’n inkomste- en-uitgawerekening wat klop, volstaan word, sonder dat die kerkraad enige verdere pastorale opdrag het om uit te voer.