Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1969)

Herbesinning oor gesag as „die noodsaaklike voorwaarde van die opvoeding”

  • P. Pistorius

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v37i1.1288
Journal volume & issue
Vol. 37, no. 1

Abstract

Read online

In elke wetenskap, maar veral in ’n jong wetenskap soos die Opvoedkunde, is dit noodsaaklik dat omskrywings van veral basiese begrippe van tyd tot tyd herondersoek word ten einde hulle geldigheid te verseker en daardeur moontlike afdwaling te verhoed. Veral ’n wetenskap soos die Opvoedkunde, wat as studieveld ’n intieme, tussen-menslike gebeure onder steeds veranderende omstandighede het, moet noodwendig aan toetsing van die houdbaarheid van sy begrippe aandag gee; te meer aangesien sy ontstaan nog maar van onlangse datum is, sodat sy terminologie nog nie die tyd gehad het om uit te kristalliseer tot simbole vir redelik afgebakende inhoude nie.