South African Journal of Physiotherapy (Sep 1977)
The changing face of burns
Abstract
‘n Oorsig van nuwe verwikkelinge in die behandeling van brandwonde word gegee. Gespesialiseerde eenhede waar aseptiese behandeling in isolasie moontlik is en beter insig in die ontwrigte fisiologie as gevolg van brandwond-trauma ls verantwoordelik vir die verbeterde pronose vir brandwond-pasiente. Effektiewe vloeistofterapie gedurende die skokfase; die instelling van hiperalimentasie; hernude belangstelling in die lokale letsel; verbeterde verloorplantingstegniek; probleme ondervind in gevalle met brandwonde as gevolg van elektrisiteit; die belangrikheid van die gepaardgaande respiratoriese skade en die gebruik van eskarotomie word kortliks bespreek. Die belang van goeie eerstehulp behandeling word beklemtoon.