Literator (Aug 2013)

Verskuiwings en kontinuïteit in persoonsnaamgewingspraktyke in die Zoeloekultuur

  • Sihawukele Ngubane,
  • Nompumelelo Thabethe

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v34i1.431
Journal volume & issue
Vol. 34, no. 1
pp. e1 – e7

Abstract

Read online

In alle gemeenskappe word dit aanvaar dat persoonlike naamgewingspraktyke en kultuur met mekaar vervleg is. Aangesien kultuur nie staties is nie, maar dinamies en voortdurend aan die verander, het persoonsname groot verandering ondergaan as gevolg van van sosio-kulturele en politieke faktore. Hierdie artikel besin die verandering en kontinuïteit in die praktyk van persoonsnaamgewing onder die Zoeloes. Nuwe data toon die ontwikkeling vanaf prekoloniale Afrika tot die post-1994 periode in Suid-Afrika. Dit toon ook dat die terugwinning van inheemse name in die nuwe demokratiese bedeling beskou moet word as ’n wyse waarop Afrikane hulle identiteit herdefinieer en herbevestig; dus ’n destigmatisering van hulle kultuur. Hierdie artikel neem sterk standpunt in dat persoonsnaamgewing in enige gemeenskap nie van die sosio-kulturele omgewing losgemaak kan word nie. Persoonsnaamgewing en kultuur is veeleer onlosmaaklik aan die sosio-politieke gegewenheid van ’n spesifieke historiese tydperk verbonde. Hierdie feit word gedemonstreer deur die verskuiwing van persoonsnaamgewingspraktyke wat grootliks deur gemeenskapswaardes geïnspireer was, na dié wat deurspek is met teenstrydighede van die tydperk van neoliberalistiese kapitalisme. Die gevolgtrekking word gemaak dat verskuiwings in mense se georiënteerdheid tot fundamentele verskuiwings in persoonsnaamgewingspraktyke lei.