SA Journal of Industrial Psychology (Nov 1982)
Survey-guided Development
Abstract
Daar is reeds heelwat sukses behaal met die organisasieontwikkelingsbenadering bekend as Opname Gebaseerde Terugvoer (OGT). In hierdie artikel word onder meer die volgende kenmerke van OGT bespreek: die mate waartoe die benadering voldoen aan gestelde vereistes vir suksesvolle organisasieontwikkeling, hoe OGT verskil van die ander belangrikste organisasieontwikkelingsbenadering naamlik laboratorium- of sensitiwiteitsopleiding, die belangrikste stappe van 'n OGT-program, die voordele en waarde van die benadering en aanduidings van moontlike verdere navorsing wat daartoe kan bydra om die doeltreffendheid van Opname Gebaseerde Terugvoer te verhoog.
Keywords