In die Skriflig (Oct 2013)

Die skrifbeskouing van feministiese teoloë, in die besonder dié van Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes – beoordeel in die lig van die gereformeerde teologie

  • Alta E. Swart,
  • Carel F.C. Coetzee

Journal volume & issue
Vol. 47, no. 1
pp. e1 – e9

Abstract

Read online

Dit wil voorkom asof die feministiese Skrifbeskouing op die beginsel van selektiewe Skrifgesag berus. Dit beteken dat slegs dié dele in die Bybel wat met die feministiese ideologie ooreenstem, as gesaghebbend aanvaar word. Dit is veral die sogenaamde androsentriese taalgebruik wat dit vir aanhangers van hierdie benadering moeilik maak om die hele Skrif as gesaghebbend te erken. Hermeneuties vertoon hierdie benadering groot ooreenkomste met die Postmodernisme, waarin geen vaste reëls bestaan om die betekenis van tekste te bepaal nie. Gesien in die lig van die gereformeerde teologie, soos veranker in die Woord en belydenisskrifte, vertoon die feministiese teologie ernstige leemtes. Die bydraes (Skrifbeskouing) van drie prominente feministiese teoloë – Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes – word onder die loep geneem en teologies-krities geëvalueer ten einde hierdie leemtes uit te wys. It appears that the feminist view of Scripture is based on the principle of selective authority of the Scriptures, which means that only the parts of the Bible corresponding with the feminist ideology are accepted as authoritative. The use of androcentric language, in particular, makes it difficult for followers of feminism to accept the whole Bible as authoritative. Hermeneutically, their approach resembles Postmodernism, interpreting without any rules. Viewed from the paradigm of the reformed theology, which is anchored in Scripture and the articles of faith, feminist theology shows serious shortfalls. The contributions of three prominent feminist theologians – Fiorenza, Brenner and Van Dijk-Hemmes – are studied closely and evaluated critically in the light of the reformed theology, to underline these shortfalls.