South African Journal of Business Management (Aug 1975)

Technology Transfer

  • J. L. Steyn,
  • T. G. Schaeffer

DOI
https://doi.org/10.4102/sajbm.v6i3.3483
Journal volume & issue
Vol. 6, no. 3

Abstract

Read online

In hierdie artikel postuleer die skrywers 'n definisie van tegnologie as 'n spesifiek skeppende kuns. Uitgaande van hierdie definisie, word die metodes waarvolgens tegnologiese oordrag geskied, bespreek. Die intieme verband tussen tegnologiese oordrag en tegnologiese innovasie word beskryf, terwyl vertikale en horisontale tegnologiese oordrag uitgesonder word as moontlike maniere waarvolgens tegnologiese oordrag kan plaasvind. Afgesien, egter, van die wyse waarop oordrag geskied, moet sekere voorwaardes nagekom word om suksesvolle tegnologiese oordrag te verseker. Hierdie voorwaardes word onder sewe subhoofde in die artikel bespreek. Die metodes en maniere, waarvolgens tegnologiese oordrag plaasvind, sowel as die voorwaardes vir suksesvolle oordrag, is almal afgelei van die gepostuleerde omskrywing van tegnologie. Die skrywers dui ten slotte aan hoe huidige begrippe en die omvang van die tegnologie en tegnologiese oordrag waarskynlik in die toekoms sal verander vanweë die snelle tegnologiese ontwikkeling wat spruit uit die mens se begeerte om sy omgewing te begryp en te bemeester. Die artikel bled 'n goeie inleiding tot die veld, veral ten opsigte van die verdedigingsektor waar pionierswerk in hierdie verband gedoen word.

Keywords