Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Feb 1979)

Onreg, nasionalisme en politieke taakstelling

  • C. P. Cronjé

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v44i5.1129
Journal volume & issue
Vol. 44, no. 5

Abstract

Read online

Onregte teen kultuurgroepe kan as een van die belangrikste oorsake van nasionalisme by sulke groepe beskou word. Die geldigheid van hierdie beskouing het deels geblyk toe ’n politikus oor die afwesigheid van nasionalisme by Engelssprekende Suid-Afrikaners gepraat het. Volgens hom is die eerste oorsaak van die gebrek die afwesigheid van onreg teenoor die deel van die Suid-Afrikaanse bevolking. Hy stel dit só: „lf the English-speaking South African has never developed a nationalism, it is reasonable to ask why... The first reason is because English-speaking people has never, ever, felt themselves oppressed, or if they have, then it has been for a relatively short time, without a tradition of oppression” (McIntosh, 1978:7).