In die Skriflig (May 1973)

Geregtigheid en liefde in ons volkereverhoudinge

  • J. H. Coetzee

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v7i27.999
Journal volume & issue
Vol. 7, no. 27
pp. 12 – 22

Abstract

Read online

Terwyl ek die Hoofbestuur van die G.T.V. bedank vir die uitnodiging om die jaarlikse samekoms toe te spreek oor dié besondere onderwerp, behoort dit terselfdertyd duidelik te wees dat ek my nie die kennisagtergrond en geskooldheid van ’n opgeleide teoloog mag toeëien nie. Ek sien my taak hoogstens as ’n gesprek van ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk met predikante en teoloë van dié kerkverband.