Lexikos (Oct 2011)

'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX

  • Gilles-Maurice de Schryver

DOI
https://doi.org/10.5788/19--426
Journal volume & issue
Vol. 19

Abstract

Read online

Dit is 'n groot eer vir my as nuutgekose President van AFRILEX om hierdie woord aan die lesers van Lexikos te rig. Indien daar gekyk word na die volkome toewyding waarmee my drie voorgangers — Rufus Gouws, Danie Prinsloo en Mariëtta Alberts — die taak verrig het, sal ek moeilik hulle buitengewone leier-skap kan ewenaar. Wanneer 'n mens hulle inleidingswoorde lees wat sedert nommer 6 (1996) in Lexikos verskyn het, is dit interessant om die voorkeur-onderwerpe van elkeen te herken: Rufus het nooit nagelaat om leksikografiese teorie ter sprake te bring nie, Danie het vanuit 'n meer praktiese en organisato-riese hoek gekyk, terwyl Mariëtta op die subdissipline terminologie gekonsen-treer het. Elke akademikus het 'n liefhebbery; myne is om ons strewes in publi-kasies te omskep wat oor die jare hul geldigheid sal bly behou. Wat dit betref, is ons besonder gelukkig om oor Lexikos te beskik.