Literator (Jun 2013)

’n Perspektief op ’n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans

  • Christo van Rensburg

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v34i2.413
Journal volume & issue
Vol. 34, no. 2
pp. e1 – e11

Abstract

Read online

In ’n soeke na die wortels van Afrikaans het vroeë taalkundiges op die raakpunte tussen Afrikaans en Nederlands gefokus. Die invloed van die nie-Europese tale het min aandag gekry. Gaandeweg is ’n rigtingverandering in hierdie studies opgemerk. Taalkontaksituasies in verskillende streke waarby nie-Nederlandssprekendes sowel as Nederlandssprekendes betrokke was, is van nader bekyk. Daaruit het taalgegewens na vore gekom wat daartoe bygedra het om die ontstaan en geskiedenis van Afrikaans beter te verstaan, en het al hoe meer antwoorde op vroeër onopgeloste vrae duidelik geword. Die besonderhede en die belangrikheid van taal in die kontaksituasie in die binnelandse Grensgebied word hier bespreek. In hierdie kontakgebied is in die periode vanaf 1700 tot 1800 Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans gepraat. Dit kon moontlik die belangrikste fase in die geskiedenis van Afrikaans gewees het, waartydens die manier waarop dit gepraat is, indringend gewysig is. Die omstandighede waarin hierdie kontak plaasgevind het en die veranderende rolle van die twee tale word bespreek. Vorme wat eers as Khoi-Afrikaans gestigmatiseer is, het later die Afrikaans geword wat algemeen gebruik is. Hoe dit gebeur het, is die sentrale vraag wat ter sprake kom. Hierdie normverandering in die Grensgebied kan verstaan word deur die sosiohistoriese omstandighede waarin die variëteite van Afrikaans gepraat is van nader te bekyk. Een van die gevolge van hierdie taalkontak en gepaardgaande normverandering word ter illustrasie bespreek, te wete die Khoi-gebruik van ‘ons’ in onderwerpsposisie en die inskakeling daarvan by algemeen erkende Afrikaans.

Keywords