In die Skriflig (Jun 1987)

President S. J. P. Kruger en die sending

  • H. A. Louw

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v21i83.1312
Journal volume & issue
Vol. 21, no. 83
pp. 35 – 41

Abstract

Read online

Mens kan oor die Gereformeerde Kerke en die sending gedurende die 19e eeu nie skrywe sonder om aandag te skenk aan die houding van een van sy grootste seuns in daardie tydperk nie. “ Die naam Paul Kruger is onlosmaaklik verbonde aan die ontstaan en voortbestaan van die Gereformeerde Kerke in Transvaal, hoewel hy nooit enige kerklike amp beklee het nie. Daar was ’n tyd toe hy predikant wou word, maar moes dié ideaal weglê omdat sy roeping gelee was in diens van die volk... Hy was altyd op hoogte met die geestelike peil van die gemeente en ’n sterk voorstander van die kerklike sending” (Spoelstra 1963:276).