Lexikos (Nov 2018)

On Recent Proposals to Abolish Polysemy and Homonymy in Lexicography

  • Herman L. Beyer

DOI
https://doi.org/10.5788/28-1-1456
Journal volume & issue
Vol. 28
pp. 1 – 31

Abstract

Read online

Oor onlangse voorstelle vir die wegdoen van polisemie en homonimie in leksikografie.Twee artikels het onlangs in Lexikos verskyn wat voorstel dat weggedoen word met homonimie en polisemie in die leksikografie, spesifiek in woordeboeke met slegs 'n teksresepsiefunksie. Hierdie bydrae identifiseer twee teoretiese hoofpremisse vir die voorstel en bevraagteken hulle. Die premisse is: (i) 'n teorie van die lemma as taalteken; en (ii) die resultate van woordeboekkritiek. By nadere ondersoek word bevind dat beide die premisse faal met betrekking tot polisemie. Met betrekking tot homonimie word die eerste premis as ongeldig bewys, en die tweede een word geldig bevind. Die bevindinge hou in dat die teoretiese basis vir die voorstel óf hersien moet word (waarvoor die teorie van leksikografiese kommunikasie aangebied word), óf op die enkele praktiese en onbewese argument van datatoeganklikheid moet steun. Terselfdertyd ontwikkel die bydrae 'n potensiële breë raamwerk vir die teorie van leksikografiese kommunikasie. Die raamwerk verteenwoordig 'n leksikografiese teksgrammatika, wat as 'n kommunikasiekode parallel tot elemente van die teorie van leksikografiese tekste en taalkundige grammatikas aangebied word. Daar word aangevoer dat woordeboekartikels uit tekste bestaan waarin hierdie twee grammatikas in wisselende mates oorvleuel en as sodanig 'n hibridiese vorm van tekstuele kommunikasie verteenwoordig.

Keywords