In die Skriflig (Jun 1985)

Gedagtes rondom Lukas se berig van die instelling van die Nagmaal - Lukas 22:14—22.

  • J. H. Petzer

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v19i74.1248
Journal volume & issue
Vol. 19, no. 74
pp. 31 – 41

Abstract

Read online

In Lukas se berig van die instelling van die Nagmaal (Lukas 22:14-22) kom twee verwante probleme, wat die verstaan en verklaring van hierdie gedeelte beinvloed, voor. Die een is tekskrities van aard, die ander inhoudelik en dit is duidelik dat die tekskritiese op een of ander wyse na aanleiding van die inhoudelike ontstaan het. Volgens sommige variante lesings word in Lukas 22:17-20 twee keer van die beker en een keer van die brood mel­ding gemaak, terwyl ander lesings een keer van elk melding maak. Wanneer Lukas se berig met die ander drie Nagmaalberigte in die Nuwe Testament vergelyk word (Matt. 26:26-30; Markus 14:22-25; 1 Kor. 11:23-26), kan die verband tussen die inhoudelike en tekskritiese probleme duidelik gesien word, omdat daar slegs een keer van brood en beker in die ander drie berigte melding gemaak word. In hierdie artikel word gepoog om die tekskritiese probleme vanuit die struktuur van die perikoop op te los en dan ’n interpretasie van die inhoudelike verskille te gee.