In die Skriflig (Aug 2013)

Die Heidelbergse Kategismus oor die mens as beeld van God

  • Gabriël M.J. van Wyk

DOI
Journal volume & issue
Vol. 47, no. 2
pp. 1 – 8

Abstract

Read online

Hierdie artikel fokus op relevante konfessionele standpunte oor die tema van imago Deiin die reformatoriese en voor-reformatoriese teologie wat as historiese en sistematiese kontekstualisering dien vir die daaropvolgende uitleg van die tema soos wat dit in die Heidelbergse Kategismus hanteer word. ’n Bondige bespreking van die histories-kritiese uitleg van Genesis 1:26–27 word aan die orde gestel om as oorgang te dien tot ’n kritiese waardering van die Kategismus vanuit die perspektief van die eietydse teologie. Die uitleg van Genesis 1:26–27 dien as die vernaamste impuls om die tema in die eietydse teologie onbevange en los van die uitsluitende dwang van tradisionele konfessionele geskille aan die orde te stel, maar met inagneming van ’n ryke teologiese tradisie. In wese is die betoog dat die mens as beeld van God geroepe is om God se heerlikheid en eer op aarde uit te dra en hierdie opvatting word ook in die Heidelbergse Kategismus teruggevind.

Keywords