Social Work/Maatskaplike Werk (Mar 2011)
DIE INVLOED VAN TEATER OP ADOLESSENTE SE ERVARING VAN SELFAANVAARDING, AANVAARDING VAN ANDER EN VAN HUL OMSTANDIGHEDE
Abstract
In hierdie artikel val die fokus op die ervaring van adolessente in Promosa wat aan die teaterproduksie As die skoen jou pas… deelgeneem het (Combrink, 2007). Die tema van die produksie was aanvaarding. Die doel van die artikel is om die persepsieverandering en persoonlike groei met betrekking tot aanvaarding te bepaal wat moontlik tydens die proses van deelname by die betrokke deelnemers plaasgevind het.