South African Journal of Communication Disorders (Dec 1993)
Spraakklankdistorsie by neuromotoriese spraakafwykings: 'n Vergelyking tussen serebellêre disartrie en verbale apraksie
Abstract
Spraakklankdistorsie word algemeen in die literatuur beskryf as 'n kenmerk van neuromotoriese spraakafwykings soos serebellere disartrie en verbale apraksie. Die doel van die studie is 'n vergelykende ondersoek na die temporale en ruimtelike aspekte van spraakklankdistorsie by twee persone met verworwe serebellere disartrie en een persoon met verworwe verbale apraksie. Die spraakparameters stemaanvangstyd van die [d], afsluitingsduur van die [d], konsonantduur van die [s] en [I], formante van die [I] en die omvang van akoestiese energie van die [s], is spektrografies ondersoek in 'n aantal uitinge met verskillende klankstrukture. Die resultate dui daarop dat ruimtelike en temporale distorsie van artikulatoriese bewegings voorkom by die proefpersone met serebellere disartrie sowel as by die proefpersoon met verbale apraksie. Daar is egter verskille opgemerk in die aard en graad van die spraakklankdistorsie by die onderskeie afwykings. Die teoretiese implikasies van hierdie verskille word bespreek met verwysing na 'n model van normale spraakproduksie.