In die Skriflig (May 1979)

’n ‘Ou boek in ’n nuwe wêreld, of ’n nuwe boek in ’n ou wêreld?’

  • J. C. Coetzee

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v13i49.781
Journal volume & issue
Vol. 13, no. 49
pp. 4 – 15

Abstract

Read online

Hierdie studie beoog ’n ontleding en evaluering van W. S. Vorster se intreerede getitel: ’n Ou boek in 'n nuwe wêreld — gedagtes rondom die interpretasie van die Nuwe Testament. Hierdie intreerede van W. S. Vorster, professor in Nuwe Testamentiese Vakke aan UNISA, gelewer in 1977, het heelwat aandag getrek. En dit is ook wel geregverdig. Hierdie talentvolle akademikus beweeg hiermee in ’n rigting wat vérreikende implikasies het of kan hê vir teologiese ontwikkelinge in Suid-Afrika.