In die Skriflig (May 1973)
Die betekenis van Ambrosius as oorgangsfiguur tussen die klassieke kultuurpatroon en sekere aspekte van die vroeë Christendom
Abstract
Die kerkvader Ambrosius het ’n periode in die geskiedenis van die Wes-Europese beskawing geleef, wat deur Muller as ‘one of the most important and most interesting ages in the history of mankind’ beskou word, vanweë die felt dat dit die ‘closing chapter in the history of the old world’ en ‘the introduction to a new epoch in the history of Christianity and the new world’ gevorm het.