Literator (Jun 2017)

Strategieë gebruik in die vertaling van vaste uitdrukkings in tydskrifte: ’n Vergelyking van geselekteerde tekste met Afrikaans as brontaal en Suid-Afrikanse Engels as doeltaal

  • Alan Murdoch

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v38i2.1335
Journal volume & issue
Vol. 38, no. 2
pp. e1 – e9

Abstract

Read online

Hierdie artikel sal kyk na die vertaling van idiome en ander vorme van vaste uitdrukkings uit Afrikaans (die brontaal) na Suid-Afrikanse Engels (die doeltaal), van geselekteerde tekste in Huisgenoot en You. Dit was deel van ’n studie wat oor ’n tydperk van tien weke (van 18 Julie 2013 tot 19 September 2013) uitgevoer is. Die artikel begin deur te kyk na die probleme wat betref die definisie van idiome en ander vorme van vaste uitdrukkings, en put hier veral uit die werk van Rosamund Moon. Dit gebruik dan die strategieë vir die vertaling van idiome (en ander vorme van vaste uitdrukkings) in Mona Baker se In Other Words om ’n stel van 70 sulke uitdrukkings te kategoriseer en sluit af deur te kyk of ekwivalensie verkry word.

Keywords