In die Skriflig (Jun 1979)
Die Christen se antwoord op die kommunistiese aanslag
Abstract
Daar is ’n vyand wat nou nie eers meer buite ons grense is nie, wat al hoe meer onbeskaamd is in sy woorde en optrede. Ons self het al veel te ly gehad onder die openlike aanslag teen ons instellinge. Enkele dekades is hierdie vyand al besig om sy aanslag te beplan en dikwels het hy al skyngevegte gelewer.