Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Feb 1977)

Knelpunte in die westerse gesin as gevolg van gesinsverandering

  • Anna F. Steyn

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v42i5.1222
Journal volume & issue
Vol. 42, no. 5

Abstract

Read online

Ons leef in ’n eeu wat deur snelle en toenemende verandering gekenmerk word. Hierdie veranderinge en nuwe ontwikkelings is egter nie net tot die tegnologie beperk nie maar vind ook in die maatskaplike lewe plaas. Die veranderinge op maatskaplike gebied is egter nie so vinnig en skouspelagtig soos op die tegnologiese ge­ bied nie, en dit word eers oor ’n lang tydperk geleidelik sigbaar. In der waarheid word hierdie veranderinge eers waargeneem as dit m et die maatskaplike toestande van die era wat dit voorafgegaan het, vergelyk word.