Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1965)
Literatuur en lewensbeskouing — met besondere verwysing na die moderne afrikaanse kunsprosa*
Abstract
Een van die belangrikste sake wat vir ons opnuut geak- tualiseer is deur tendensies in die hedendaagse Afrikaanse letterkunde ên veral deur die bekroning met die Hertzogprys van Sewe dae by die Silbersteins, is die verhouding tussen lewensbeskouing en kunsbeskouing in die algemeen, en meer in besonder dié tussen lewensbeskouing en letterkunde. Hier die laasgenoemde aspek wil ek graag behandel, maar dan in sy konteks en slegs so volledig as wat die tydsbeperking my toelaat.