South African Journal of Communication Disorders (Dec 1985)

'n Spektrografiese ontleding van die vokale van Afrikaanssprekende gehoorgestremdes

  • Santie Meyer

DOI
https://doi.org/10.4102/sajcd.v32i1.334
Journal volume & issue
Vol. 32, no. 1

Abstract

Read online

Die vokaalproduksie van 'n groep kongenitaal gehoorgestremde seuns is spektrografies ontleed. Die dowe sprekers toon 'n gehoorverlies van 90dB gehoorpeil of swakker in die beste oor, terwyl die hardhorendes 'n gehoorverlies van 70-90dB vertoon. Resultate is met 'n normaalhorende groep vergelyk. Die spektrografiese analise toon aan dat daar statisties betekenisvolle verskille tussen die dowes en normaalhorendes is ten opsigte van vokaalduur (dowe verleng die duur) die fundamentele frekwensie en eerste formantfrekwensie van die normaalhorendes. Die implikasies van hierdie bevindings word vir terapie bespreek.