Lexikos (Oct 2011)

'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX

  • Mariëtta Alberts

DOI
https://doi.org/10.5788/13--718
Journal volume & issue
Vol. 13

Abstract

Read online

Een van die doelstellings van AFRILEX is om leksikografie op 'n breë front in Suidelike Afrika te bevorder. AFRILEX stel hom ten doel om leksikograwe, terminoloë en ander taalpraktisyns op te lei in verskeie aspekte rakende leksi-kografiese beginsels en praktyk. Dit streef ook daarna om jaarliks internasio-nale konferensies en plaaslike seminare te organiseer oor onderwerpe wat op 'n bepaalde tydstip tersaaklik is. Die Agste Internasionale AFRILEX-konferensie wat van 7 tot 9 Julie 2003 in Windhoek, Namibië gehou is, het baie aktuele onderwerpe behandel en was 'n groot sukses. As mondstuk van AFRILEX bevorder Lexikos die leksikografie in sy breedste betekenis.<br />