Literator (May 1984)
Brandpunte van omstredenheid in die <i>Liewe Heksie</i>-reeks van Verna Vels
Abstract
Omstrede kinderlektuur is nie iets nuuts nie. Reeds in die agtiende-eeuse Aulklärung is sprokies afgekeur en die Puriteine het kinderliteratuur verdoem wat nie Christelik-piëtistiese waardes geadem het nie. Die verskeidenheid vorme wal omstrede kinderliteratuur kan aanneem, is legio. Dit sluit onder andere verskilpunte in betreffende sosiale omstandighede, politiek, godsdiens en literêre norme. Kinderliteratuur kan dus aan verskillende soorte kritiek onderwerp word, afhangende van die lewens-beskoulike vertrekpunte van die kritikus.