Literator (Nov 2012)

Ons kyk vanself – Kreatiewe Skryfkuns, konkrete poësie en ’n verset teen skrywersnorme

  • Leti Kleyn

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v33i1.25
Journal volume & issue
Vol. 33, no. 1
pp. e1 – e16

Abstract

Read online

In hierdie artikel word daar gefokus op die kunstenaarsboek Sanity on the line – ’n katalogus van individuele (studente-)werk saamgestel uit ’n snipperdigprojek wat as deel van die kunstenaarsboekprojek Oor die einders van die bladsy uitgestal is. Daar word onder meer gekyk na die fenomeen bekend as konkrete poësie, wat deur Hunley (2007) as ’n alternatiewe onderrigbenadering tot die kreatiewe skryfkunswerkswinkelmetode ontwikkel is. Vervolgens word enkele individuele werke in die snipperdigprojek bespreek deur onder meer verbandhoudende elemente daarvan in bestaande Suid-Afrikaanse voorbeelde van konkrete poësie te ondersoek. Daar word sterk gefokus op onder andere voorbeelde uit die Afrikaanse letterkunde en die werk van Willem Boshoff en Wopko Jensma.