Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1967)
Die problematiek van volkswording in Afrika
Abstract
Die groeiende proses van ontvoogding van Afrika het plaasgevind met die klem op bepaalde gebiede: Ghana, Nigerië, Kenia e.d.m. Die mense van die gebiede het op die agtergrond van die kenniswêreld en van die bewussyn gebly. Hiervoor moet waarskynlik twee veroorsakende faktore verantwoordelik gehou word. Die een is ’n erfenis uit die koloniale tydperk. Dit was kenmerkend van die stormloop na Afrika dat die belanghebbende koloniseerders „kleims” afgepen het. Hulle het letterlik beslag gelê op territoriaal-administratiewe eenhede en het dienooreenkomstig grense bepaal waarby die organiese, histories-geworde etniese eenhede weinig of geensins in ag geneem is nie.